Regstellende aksie

Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis.
Wikipedia se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak.
'n Optog vir regstellende aksie in die VSA.

Die term regstellende aksie verwys na stappe wat onderneem word om die verteenwoordiging van vroue en minderheidsgroepe in die beroepswêreld, onderwys en sakewêreld, waar hulle histories uitgesluit of benadeel is, te verhoog. Daar word veronderstel dat daar in die maatskappy, op die vrye mark, in die media of elders 'n wanbalans ontstaan het, wat net deur 'n aktiewe beleid reggestel kan word.

Indien daardie stappe 'n voorkeurbehandeling op die grondslag van ras, etnisiteit, geslag, godsdiens of seksuele oriëntasie behels, bly regstellende aksie in lande waar dit in enige vorm toegepas is of nog steeds word - soos byvoorbeeld die Verenigde State, Frankryk, Duitsland en Suid-Afrika - 'n hoogs omstrede kwessie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search